Elektrisiteit is onsigbaar - reg?  Of miskien nie.  Het jy al ooit daaroor nagedink?  Ons sien die gloeidrade in ’n gloeilamp, maar daardie goue kleur is die metaal, nie die elektrisiteit wat daardeur gaan nie.  Of is dit?  Het jy al ooit daaroor gewonder?

 

Dit het tyd geword om ’n paar antwoorde te soek ten opsigte van wat ons omtrent elektrisiteit verstaan.  Hoe tasbaar is die energie wat ons ingespan het om ons daaglikse lewe mee te bedien? 

 

Die produkte wat ons gebruik - iPods, flitse, mikrogolfoonde – kan onderbewustelik ons begrip van elektrisiteit beïnvloed.

 

Ek wil hê dat jy my moet help om hierdie persepsies te ondersoek. Hierdie ondersoek gaan ’n kreatiewe, prettige ondervinding wees wat jy, sodra dit verby is, met ander op-en-wakker deelnemers, wat my gehelp het om die raaisel te ontrafel, kan deel.  Wyn sal bedien word.

 

 

  

As iemand wat deelneem aan die navorsing sal jy:

’n eenvoudige kunswerk skep van ’n denkbeeldige karakter wat die beste jou individuele en persoonlike geskiedenis met elektrisiteit verteenwoordig.

 

 

Komplementêre grafiese ontwerpstel

Elke deelnemer aan die navorsing ontvang ’n pakkie wat kleurpotlode, houtskool, verf en papier bevat.  Dis tyd om weer met die kind in jou in aanraking te kom.

Skemerpartytjie

Die deelnemers aan ons navorsing sal ’n unieke groep mense wees; party nuuskierig, party konserwatief of party interessante mense wat jy nie gewoonlik in jou daaglikse handel en wandel sal ontmoet nie.

Netwerkgeleentheid

Our research participants will be a unique group of people. Some curious, some conservative, or some interesting people you may not meet in your daily routine.

Die gemeenskap en tegnologie

Om deel te wees van ons navorsingspan sal ’n unieke proses aan die gang sit om ons te help om ons verhouding met die natuur en die tegnologie beter te verstaan.

Jy hoef nêrens heen te reis nie

Ons sal na jou toe kom.  Die verkeers- en parkeringsprobleme is ons s’n.  Alle onderhoude kan by jou huis of kantoor gevoer word, enige plek in die Wes-Kaap.

 

 

Moedertaal

Afrikaans-, Engels- of Xhosasprekendes.

Woonplek

Huidige inwoners van die Wes-Kaap.

Oudersomsvereiste

18 tot 150 jaar. ’n Lewendige verstand hou jou altyd jonk.

 

 

Vir ’n verkorte CV, kliek asseblief op die beeld aan die linkerkant of tree met my in verbinding by:

Cell: [Removed]

Tell: [Removed]

i-am@byronqually.com